Verswelg in vuurbal, gebed help herstel

Fred se liggaam is in 'n tragiese ongeluk in 'n vlam verswelg. Hy het op die grond gerol, maar daar was groot skade aan sy arms en bene. Hy is in 'n kritieke toestand per helikopter na 'n brandwondsentrum geneem. Julie, sy vrou, het gebid. "Ek het geweet God is daar: ek het net die hele tyd gebid dat hy oukei sal wees." Dokters was verstom dat Fred se longe en lugweë nie deur die vuurbal beskadig is nie. Ná slegs twee dae in ICU was sy sirkulasie merkwaardig beter – maar toe het infeksie ingetree en sy toestand verswak. Julie het haar gebede verdubbel en voorbidding van familie en kerk versoek. Hulle het ook saam met hom gebid voor sy operasie. Dokters het gesê dat hy dalk vir ses maande nie kan werk nie. Maar God het hulle gebede verhoor! Tien dae na sy laaste veloorplanting is Fred uit die hospitaal ontslaan, en het 'n maand later teruggekeer werk toe.