Duitsland: sinagogeaanbidders gered

Terwyl 70-80 aanbidders in 'n sinagoge in Halle Yom Kippur, hul heiligste dag van die jaar, waargeneem het, het 'n gewapende man op 'n geslote deur geskiet. Die kamera by die ingang het gewys hoe hy by die gebou probeer inbreek, maar die deur het toe gebly. God het hulle beskerm. Die aanval, wat regstreeks gestroom is, was 'n koue herinnering aan die moskee-aanval in Nieu-Seeland wat ook intyds aanlyn was. Beeldmateriaal wys ook hoe die aanvaller 'n tuisgemaakte plofstof buite neerlê en anti-Semitiese stellings uiter. Hy het 'n verbyganger en 'n ander man daar naby doodgeskiet. Ná die aanval is die gemeentelede van die sinagoge afgeneem terwyl hulle sing en dans op 'n bus wat hulle uit die hospitaal vervoer het. Hulle het die slotgebed vir Yom Kippur binne die hospitaal voltooi. Die aanvaller wou 'n slagting uitvoer en het nege pond plofstof in sy motor gehad.