2020: Jaar van die Bybel

Biskop Efraim Tendero, sekretaris-generaal van die World Evangelical Alliance, sê hy wil hê dat evangeliste regoor die wêreld die Bybel moet lees en meer moet besin, in die vertaling en publikasie daarvan moet belê, en verseker dat mense in alle vlakke van die lewe daarby kan betrokke raak. Hy het duisende by 'n Global Youth Day in Manila toegespreek en gesê: 'As dit reg verstaan word, wys die Bybel ons na die Skepper wie se Woord waar, regverdig is en vir ewig bly. Ons sal die belangrikheid van die Bybel beklemtoon as die blywende grondslag vir die bevordering van eenheid, vryheid, ontwikkeling en lewenskwaliteit vandag en vir die jare wat kom.' Die jaar lange inisiatief sal formeel bekendgestel word by die nuutgeboude Museum van die Bybel in Washington, met die steun van bedieninge soos Wycliffe Bible Translators, YWAM, American Bible Society, en Call2All.