Op 31 Mei 2006 het Dwura, 'n Irakse Christenhuisvrou, gesien hoe haar swaer deur terroriste doodgeskiet is wat hom vir sy identiteitskaart gevra het en toe hulle sien dat hy 'n Christen is, is hy in die kop en bors geskiet. 'Van toe af het ons in vrees gelewe', het sy gesê. Die gesin het in die vlaktes van Nineve gebly, waar Christene al byna twee millennia woon. Maar dinge het vererger en hulle het saam met tienduisende ander Christene vir hul lewens gevlug. Nou kan gesinne terugkeer maar hul huise is verwoes, daar is niks daar nie. Dwura en haar man wou 'n nuwe lewe begin waar hulle vrylik as Christene kon lewe. Met visums van die Australiese regering en finansiële hulp van Barnabas Fund het hulle 'n paar dae gelede na Australië gevlieg. Meer as 100 soortgelyke vliegkaartjies is sedert Maart uitgereik.