Raheem Sterling (24), een van Engeland se mees talentvolle sokkerspelers, het sy Christelike geloof as 'massief' beskryf. Hy is ondervra deur GQ, 'n nuustydskrif gebaseer op musiek, modelle, vroue en nuus en gerig op jong volwasse mans. Sterling sê hy is in die kerk grootgemaak, en sy ma het hom van kleins af van geloof geleer. Toe hy van die huis af getrek het, het sy geloof verdiep en nou het hy 'geen twyfel' dat God bestaan nie. 'Ek weet verseker. Baie wetenskaplikes, die slimste mense in die wêreld, sal vir jou sê dat daar 'n skepper moet wees. Hulle het antwoorde nodig, maar jy moet net soms aanvaar dat dit groter as jy is en jy moet dit daar laat.'