Hulp en hoop vir Irakse Christene

17 Junie 2019 is vyf jaar sedert IS Christene wat in Mosoel woon aangesê het om 'bekeer, betaal of sterf'. Drieduisend Christengesinne was onder die halfmiljoen burgers wat Mosoel verlaat het. Die meeste van hulle het na die stad Erbil of na die Koerdiese streek in die noorde van Irak gevlug. Slegs 25 Christelike gesinne het ná die ultimatum in die stad gebly – diegene wat te oud, siek of gestremd was om te vlug. Geopende Deure het deur plaaslike kerke en vennote begin werk om intern ontheemdes te ondersteun, humanitêre hulp te gee en maandelikse kospakkies te verskaf. Teen 2015 het hulle 86 plaaslike mense in diens geneem, kos aan 75 000 mense uitgedeel en Bybels, Christelike materiaal, higiënemandjies, klerebewyse en ondersteuning vir mediese uitgawes uitgedeel. Daarna het hulle kerke opleiding oor traumasorg gegee en drie traumasentrums verskaf.