Sirië: beveg IS, vind Jesus

Toe Kobani onder beleg was deur IS is die grootste deel van die stad verwoes en duisende het gevlug. Maar IS se geweld het 'n herondersoek van Islam deur die Koerde veroorsaak. Wanneer Christen-Koerde gevra word: 'Wat het jou laat verander?' hulle antwoord: 'Wat IS gedoen het, het ons oë oopgemaak.' Toe hulle eerstehands die dood en vernietiging gesien het wat deur radikale Islam veroorsaak is, het hulle hul oortuigings hersien en gesê: 'Islam is in teorie anders as Islam in aksie'. Broer Rachid het gesê: 'Wanneer ons lees "Maak die ongelowiges dood" is dit net 'n sin, maar as jy die bloed sien - dit verander jou houding. Die Here het hierdie omstandighede gebruik om mense tot geloof te bring. Dit groei steeds so (wys opwaarts), versnel, groot getalle.' Sowat twintig gesinne (80 tot 100 mense) aanbid nou by Kobani se nuwe kerk. 'Ons vergader Dinsdae en hou 'n diens op Vrydae. Dit is oop vir almal wat wil aansluit', het hy gesê.