In Nigerië het Boko Haram 76 Christene van Moslem-agtergrond gevange geneem. Vier mans is met vuurwapens aangesê om Christus te verloën en na Islam terug te keer. Toe hulle weier, is hulle voor hul families geskiet. Later is die mans se vrouens beveel om Christus te verloën, of hulle kinders sou die volgende dag tereggestel word. Die oggend het die kinders ingehardloop en gesê Jesus het in die nag vir hulle gesê dat 'alles goed sal wees'. Toe het Jesus aan hulle almal verskyn en vir hulle gesê Hy sal hulle beskerm. Toe die moeders weer geweier het om Christenskap te verloën, is hul kinders teen 'n muur gesit. Terwyl die soldate mik, gryp hulle skielik na hul koppe en skree 'Slange!' Sommige het weggehardloop, ander het dood neergeval. 'n Gevangene het 'n geweer gegryp en wou op die vlugtende militante skiet, maar 'n kind het haar hand op sy arm gesit en gesê: 'Jy hoef dit nie te doen nie. Kan jy nie sien hoe die manne in wit vir ons veg nie?'