Print this page

Veertig kinders wonderbaarlik afgeskerm

'n Wonderverhaal is besig om na vore te kom nadat 'n tornado Paducah, Kentucky, getref het en 'n kerkgebou verwoes het waar veertig voorskoolse kinders en tien kerkpersoneel besig was met hul dag. Die wonderwerk? Niemand is dood of beseer nie al is die dak afgeruk. Terwyl die storm om hulle gewoed het, het hulle liedjies soos 'Jesus loves me' en 'Hy het die hele wêreld in sy hande' gesing. Die kerk het groot skade gely, maar die enigste kamer wat nie geraak is nie, was die een waar hulle geskuil het. Deur God se genade is hulle veilig bewaar. Later het lede van die gemeenskap in massas opgedaag om die kerk te help om met sy herstelpogings te begin.