God maak die tronkdeur oop, net soos Handelinge

President Poetin se Faustiaanse winskoop met die Ortodokse Kerk het vervolging in Rusland laat toeneem. Evgeniy, 'n Oekraïense gelowige, is twee keer deur pro-Russiese separatiste gevange geneem terwyl hy probeer het om humanitêre hulp te lewer. Die eerste keer was vir vyftien dae. 'Toe kry hulle 'n Bybel in my kar en sê ek is 'n Amerikaanse spioen. As jy 'n Christen of 'n spioen is, is dit dieselfde! Hulle het vir my gesê ek moet doodgemaak word! Tydens my tweede keer in die tronk was dit 'n wonderwerk. Op die derde dag het ons op een of ander manier ontsnap. Dit was soos die boek Handelinge toe 'n engel die deure van die tronksel oopgemaak het,' het hy aan Mercy Projects gesê. 'Vandag is ek dankbaar dat God aanhou om my in hierdie bediening te gebruik. Ons kan nou lag, maar dit was toe baie gevaarlik en baie ernstig.'