Print this page

'Ek is nou vir niks bang nie'

Sami, 'n jong seun van Aleppo, het sy storie vertel tydens 'n dag van verfilming vir die SAT-7-kinderprogram Family of Jesus. 'Ons het sewe jaar gelede na Tartous gekom vir 'n vakansie, en toe breek die oorlog uit. Ons moes hier bly, want ons huis was plat op die grond. Baie huise in Aleppo het dieselfde lot gely. Ons is nou al sewe jaar hier. Baie dankie (SAT-7) vir hierdie dag, ek het dit so geniet. Ons het soveel pret gehad. Ons het van Jesus geleer. Hy is met ons waar ons ook al gaan. Hy verhoor ons gebede. Ons moenie bang wees nie, want Hy is by ons. Wanneer ons probleme ondervind, vra ons Jesus om die storm stil te maak. Hy kan al die storms stilmaak, selfs die oorlog. Ek is nou vir niks bang saam met Jesus nie.'