God se Woord vir vervolgde Christene

'Dit is die kosbaarste geskenke vir ons. Nou sal my Sondagskoolkinders hulle met hul eie oë sien - loof die Here!' sê Rachel. Barnabas Fonds het gehelp om 23 930 Bybels van gesangboeke aan Christene van 'n geïsoleerde vervolgde mensegroep in Suidoos-Asië te voorsien. Sommige het nog nooit 'n Bybel gesien nie. 'n Paar dorpies het 'n enkele, kosbare kopie in hul moedertaal gehad, terwyl sommige verse gememoriseer het. Hulle het jare se vervolging deur militêre en regeringsowerhede ervaar wat Bybels gekonfiskeer en verbrand het. Vir byna twintig jaar het hulle vir hierdie Bybels gebid: nou het God hulle gebede verhoor.