Sirië: nuwe gelowiges vul kerke

’n Siriese SAT-7-span het onlangs kerke gevind vol ontheemdes wat vir die eerste keer van Jesus leer. Byna duisend kinders, insluitend honderde van nie-Christelike agtergronde, het in Tartus, Bloudan en As-Suwayda bymekaargekom om 'Family of Jesus' te sien, 'n kindervertoning van musiek, onderrig van Bybelse waardes en gebed. In Bloudan was 200 kinders so opgewonde en bly om die span te sien wat hulle nie wou verlaat nie, maar kerkleiers het hulle direk na die diens laat gaan vir hul veiligheid. Die gemeente in As-Suwayda was feitlik heeltemal Druze mense, die meeste van die Christene het uit Sirië gevlug. In Tartus het die span gesing, gebid en verfilm met 300 Alawitiese kinders, honger vir die woord van God. Die kerke is stampvol met nuwe gelowiges.