Drome, genesing en redding in die Horing van Afrika

A was 19 toe Jesus in 'n droom met haar gepraat het. Sy het gedroom dat sy by 'n Christen se huis instap en 'n wonderlike stem hoor. "Ek het nog nooit vantevore of sedertdien so iets gehoor nie," het sy gesê. 'Later was ek vir twee dae baie ongesteld. Ek het my vriende gevra om my kerk toe te neem en daar het ek 'n gebedsversoek op 'n stuk papier geskryf en die pastoor gevra om vir my te bid. Alle tekens van siekte het verdwyn. Ek het geweet Jesus is die waarheid en ek het my lewe aan Hom toevertrou.' A was gedwing om haar familie te verlaat aangesien die Christelike geloof 'Haram' is wat die dood verdien. Sy het die bos in gevlug en gebid: 'As die mans in my familie my nou kry, sal hulle my doodmaak. Jy weet hoe kwaad hulle vir my is. Jy weet die gemeenskap verwag dat hulle my moet straf. Wys vir my die pad.' Sy is ingeneem deur 'n pastoor se familie en woon nou 'n twee keer per week Bybelstudie by.