Print this page

VSA: kinders gee $700 terug

Jamie Carlton het 'n video op Facebook geplaas wat wys hoe drie kinders - Haylie (13), broer Reagan (6) en hul vriend Ashley - 'n beursie met $700 aan sy regmatige eienaar terugbesorg. Die kinders word gehoor wat sê: 'Ons het jou beursie buite jou motor gekry en ons het net gedink ons sal dit vir jou teruggee'. Een van hulle steek dit by die deur weg en sê: 'Ek gaan dit hier sit sodat niemand geld vat nie'. Toe die kinders gekontak is, het Haylie gesê hulle dink dit sal 'n goeie ding wees om te doen, want hulle het regtig nie die geld nodig nie. Jamie het gesê: 'Dit het by my huis in Aurora, Colorado, gebeur. As dit nie jou geloof in die mensdom vernuwe of ten minste verfris nie, het jy hulp nodig.'