VSA: 'Omkeer'

Van 22 tot 24 Februarie het voorbidders van regoor die VSA in Washington DC byeengekom om te bid vir 'n 'Omkeer'. Baie het gevoel dat dit een van die mees geskiedkundige gebedsbyeenkomste in Amerika se geskiedenis kan wees. Hulle het die geestelike atmosfeer oor Washington gevul met voorbidding en Bybelse verklarings om die VSA in 'n geestelike deurbraak te bring wat net God die nasie kan gee. Tydens die byeenkoms het hulle die volgende fase van stapel gestuur van wat hulle glo 'n wêreldwye gebedsbeweging sal wees, aangesien hulle en baie ander voel dat verandering oor die nasies kom.