Ná byna drie jaar in ballingskap in Koerdistan, het die tienjarige Helda Hindi en haar jonger broer en ouers wat van IS gevlug het teruggekeer na hul tuisdorp in die Nineve-vlaktes. Sy het gepraat oor die nag van 6 Augustus 2014 toe IS op haar tuisdorp beslag gelê het. 'Alarmklokke het in ons strate gelui – ons moes die lewende hel van geweld en terrorisme ontsnap. Ek het huilend weggegaan, met geen hoop om ooit weer my dorp, my skool of my vriende te sien nie. Ons het in pyniging en tragedie geleef totdat ons daaraan gewoond geraak het.' Sy het haar ontstellende ervarings vertel, maar afgesluit: 'En vandag, deur God se genade, het ons teruggekeer na ons dorp en ek is terug op skool tussen my vriende. Ons het net God gehad en ons het nooit opgehou om in Sy krag te glo en te bid vir Sy genade vir almal wat seerkry in Irak en regoor die wêreld nie.'