Eerste Christelike animasie in 20 jaar

Sony se nuwe animasieprent, The Star, is op 17 November vrygestel. Die film se regisseur het gesê hulle maak gereed vir die fliek om hierdie generasie se Kersfees-klassieker te wees. Dit is die eerste geloofsgebaseerde animasiefilm wat in fliekteaters verskyn het sedert Prins van Egipte in 1998. Die regisseur het bygevoeg: 'Ons leef in verdeelde en stresvolle tye, en ons lees voortdurend van geweld. Die krag van hierdie storie is - baie mense uit verskillende vlakke van die lewe. Die "drie konings" is uitlanders van die hoër klas, en die plaaslike herders is die onderste van die werkersklas, en neem kennis dat Jesus mense van alle vlakke van die lewe bymekaar gebring het. The Star is "die grootste storie wat nog nooit vertel is nie"'.