VSA-gesteunde milisies het Sirië se Raqqa heeltemal van IS geneem, het die Sirian Observatory for Human Rights gesê. Die val van die stad Raqqa, waar IS euforiese parades gehou het ná sy string weerlig-oorwinnings in 2014, is 'n kragtige simbool van die jihadistiese beweging se ineenstortende fortuin. Vanuit die stad het die groep aanvalle in die buiteland beplan. Die Siriese Demokratiese Magte (SDF), 'n alliansie van Koerdiese en Arabiese milisies wat deur 'n VSA-geleide internasionale alliansie gerugsteun word, veg sedert Junie 2017 IS binne Raqqa. Sien ook Wêreld-artikel 'Sendinggeleenthede as land herbou'.