Midde-Ooste: vreesloos versprei God se Woord

Nizar Shaheen, van Light for the Nations ('n Christelike program wat in Moslem-digte gebiede uitgesaai is), sê: 'Ek het gesien hoe baie, baie Arabiessprekende mense na Christus draai en Hom as Here en Verlosser aanvaar. Dit gebeur oral in die Arabiese wêreld; in Noord-Afrika en die Golflande; in Europa, Kanada en die Verenigde State. Oral neem mense Jesus aan.' Ook in die Midde-Ooste konfronteer die Koptiese priester Vader Zakaria Botros Islam met 'n in-jou-gesig-styl van televisie en internet-evangelisasie. Hy rapporteer Moslems wat hulle tot Jesus wend: 'jonk en oud, opgevoed en nie opgevoed, mans en vrouens, selfs diegene wat fanaties is'. Dit is deesdae nie ongewoon om te hoor van Moslems wat God ontmoet het terwyl hulle geslaap het nie. Regoor die wêreld sê baie wat hulle tot die Christendom bekeer het dat hulle dit gedoen het nadat hulle gedroom het van 'n persoon wat hulle glo Jesus Christus is.