Print this page

Oorwinning vir 'n straatprediker

Lofverslae - - 25 Aug 2017 - Print - Email
Oorwinning vir 'n straatprediker

Ian Sleeper, 'n Christelike straatprediker, is in hegtenis geneem en vir dertien uur in 'n polisiesel aangehou nadat hy plakkate vertoon het wat liefde vir Moslems uitbeeld en die ideologie van Islam gekritiseer het. Hy is op borgtog vrygelaat aangesien die CPS nie kon besluit of hy hom gaan aankla nie. Streng voorwaardes is opgelê, wat hom verhoed het om na Southwark te gaan. Hy was vir ses weke op borgtog voordat die polisie uiteindelik besluit het om geen verdere stappe te doen nie. Hy het gesê: 'Dit is gerusstellend dat ek nie aangekla is omdat ek probeer het om die waarheid oor Islam bloot te lê nie. Waarheid kan nie as vanselfsprekend aanvaar word in ons moderne wêreld nie, so ek sal binnekort weer op straat wees.'