Print this page

Obama se anti-rassisme-twiets

Lofverslae - - 18 Aug 2017 - Print - Email

'n Twiet deur Barack Obama wat rassisme veroordeel in die nasleep van 'n ver-regse saamtrek in Charlottesville, Virginia, het die twiet ooit geword wat die meeste gehou word, met meer as drie miljoen mense wat die sentiment tot dusver onderskryf het. Die twiet, wat die ontslape Suid-Afrikaanse president Nelson Mandela aangehaal het, lui: 'Niemand word gebore om 'n ander persoon te haat weens die kleur van sy vel of sy agtergrond of sy godsdiens nie.' Die voormalige Amerikaanse president het die twiet gevolg met meer uit Mandela se outobiografiese Long Walk to Freedom: 'Mense leer om te haat, en as hulle kan leer om te haat, kan hulle geleer word om lief te hê. Want liefde kom natuurliker in die menslike hart as die teenoorgestelde daarvan.' Elkeen het meer as 'n miljoen laaiks gehad, en honderdduisende hertwiets.