Eurasië: somer Bybelkampe

Prys God vir die somer Bybelkampe wat een van die enigste geleenthede beskikbaar bied om die saadjies van geloof te plant in die harte van miljoene kinders regoor Eurasië wat vasgevang is in armoede, hopeloosheid en konflik. Baie van hierdie kosbare kinders woon in gebiede wat vyandig teenoor die Christendom is of oorheers word deur heidendom en bygeloof, en ons word geroep om hulle lief te hê soos Jesus het. In Bybelkampe wat hierdie somer deur Next Generation Christenleiers gelei word, sal na raming 20 000 kinders die liefde van Christelike mentors ervaar en die evangelieboodskap hoor in 'n prettige, veilige omgewing – weg van die vrees en armoede van hul daaglikse lewens. Vir baie van hierdie kinders is dit die eerste en enigste keer dat hulle van Jesus sal hoor.