’n Siriese pastoor wat die evangelie in die oorloggeteisterde land oor die afgelope ses jaar gedeel het ondanks voortdurende gevare, het gesê hy het gesien hoe ’n verbysterende aantal Moslems, ontnugter deur die gruweldade wat in die naam van Islam gepleeg is, na Christus toe kom. Hy het gesê: 'In die plekke waar ek werk het ons nie meer jong predikante nie; die laaste een het agt maande gelede vertrek en na 'n ander land verhuis. Maar terwyl Christene voortgaan om uit Sirië te vlug, kom meer en meer Moslems na Christus toe.' Hy het baie mense uit beide Druze- en Moslem-agtergronde gedoop, al word bekeerlinge se lewens bedreig.