Woensdag was 'n geskiedkundige dag vir Christelike Solidariteit Wêreldwyd (CSW). Ná ’n wag van agt jaar is sy aansoek om akkreditasie deur die Verenigde Nasies uiteindelik toegestaan. CSW, 'n organisasie wat Christene regoor die wêreld ondersteun wat weens hul geloof onder druk leef, sal nou onafhanklike toegang hê tot sleutelplatforms vir menseregte-voorspraak, en die vermoë om newe-geleenthede onafhanklik te organiseer by fora soos die VN se Menseregteraad en Algemene Vergadering. CSW se aansoek is ondersteun deur hooggeplaastes soos die Nobelpryswenners aartsbiskop Desmond Tutu en Jose Ramos-Horta, die voormalige president van Timor Leste, en ook deur al vyf spesiale rapporteurs van die VN.