Christenvrou weier IS se bekeringseis

Mariyam Petrayus, 'n blinde Christenvrou, was vir meer as twee jaar onder IS-beheer in Mosoel vasgekeer voordat sy ontsnap het. Toe IS grondgebied in Irak oorgeneem het, het dit Christene en ander godsdiensminderhede die opsie gegee om tot Islam te bekeer, 'n groot belasting te betaal of te sterf. Mariyam, wat nou in die Sewdinan-verplasingskamp woon, het ten minste een geval vertel waarin 'n IS-jihadis haar gedruk het om tot Islam te bekeer. Mariyam, wat in haar 50's is, het geweier om Christus te verloën. 'Hy het vir my gesê, "Hoekom bekeer jy jou nie tot Islam nie? Hoekom is jy Christen?” Ek het vir hom gesê dat almal op hul godsdiens is, en niemand verlaat hul godsdiens nie.' Sy het ook aan die jihadi gesê dat sy nie tot Islam wil bekeer en iets soos hy wil wees nie.