Katar bied die 2022 FIFA Wêreldbeker aan. Daar is duisende migrante – van Indië, Nepal en die Filippyne – wat aan die projek werk. God is aan die werk en baie ontmoet Jesus. Een bekeerling uit Boeddhisme het gesê: 'Ek sou nooit verwag het om 'n Christen in 'n streng Moslemland te word nie. Maar dit het gebeur.' Evangelisasie is verbode – maar dit stop nie die Christene nie. 'Ons kan nie na mense met die evangelie gaan nie. Maar hulle kom na ons toe. Ek het baie gesprekke met kollegas oor Christenskap, en hulle bly net vrae vra. Die enigste ding wat ons moet doen is om hulle te antwoord. Daar is geen wet daarteen nie.'