Jadine Louissaint is 'n tweede-generasie Haïtiaan gebore en getoë in die VSA. Terwyl sy grootgeword het, het sy die stigma ervaar wat met haar kultuur en afkoms geassosieer word, en het probeer om van daardie sosiale benadeling te ontsnap deur middel van onderwys en 'n goeie loopbaan. Sy het as verpleegster opgelei en 'n MBA in gesondheidsorg gedoen, maar het in 2015 besef iets skort in haar lewe. Sy het God begin soek deur gebed en vas. Hy het haar gewys dat Sy wil en doel vir haar lewe nie net was om haar kultuur en erfenis vir haarself te omhels nie, maar om jong Haïtiaanse vroue en meisies te bemagtig om positiewe verandering in hul land te bewerkstellig – geestelik, sosiaal en kultureel. In reaksie hierop het sy TransforMe Ayiti (Transform Haiti) gestig, wat poog om die volgende generasie vroueleiers en innoveerders van gereedskap vir sukses te voorsien. Jadine se visie is om Haïti te help om 'n selfonderhoudende land te word deur te belê in sy kosbaarste hulpbron: die jeug, spesifiek jong vroue.