Midde-Ooste: Christelike uitsaaiwese

Christelike TV-uitsaaier SAT-7 saai in die Midde-Ooste en Noord-Afrika uit en het pas rekordkykgetalle van 21,5 miljoen vir sy Arabiestalige kanale aangekondig. Sy gehoor het die afgelope vyf jaar met 76% toegeneem. Hierdie merkwaardige groei is baie bemoedigend, veral in 'n tyd wanneer jy sou verwag dat mense behep sal wees met hardenuuskanale weens die voortdurende onstuimigheid in die streek. 'Een verklaring vir die groei kan wees dat baie mense diep ontsteld is oor die situasie in die Midde-Ooste: hulle het vertroue en hoop in beide hul godsdienstige en politieke leierskap verloor, en hulle soek goddelike hulp en leiding. Baie is emosioneel moeg en soek na iets om hul gemoed te lig; 'n paar positiewe nuus; iets wat hulle kan aanmoedig. Die boodskappe van geloof en hoop wat ons uitsaai is baie aantreklik vir baie,' sê dr Terence Ascott, stigter en HUB van SAT-7.