Print this page

Hoop vir VSA se siel

Baie mense het gedurende hierdie verkiesingseisoen moedeloos geraak vir Amerika se toekoms. Baie het gesukkel om optimisties te wees te midde van die verdeeldheid wat blykbaar die land teister. Pastoor Rick Warren sien goeie rede vir hoop, en noem spesifiek vyf redes wat hy glo gronde is om te hoop op 'n 'geestelike wedergeboorte vir Amerika'. Eerstens groei geloof dikwels die meeste in donker tye: mense besef hulle het God nodig wanneer tye moeilik is. Tweedens, die 'duisendjarige' generasie is geestelik honger en soek werklike doel en gemeenskap. Derdens is daar miljoene godvresende mense wat in Amerika woon, wat elke dag vroom vir God leef sonder fanfare – nie uit skuldgevoelens of vrees of plig nie, maar in dankbaarheid en liefde teenoor God vir hul getransformeerde lewens. Vierdens, in teenstelling met die algemene opinie, wend meer mense hulle tot geloof eerder as na sekularisme. Laastens geld God se belofte om gebed te hoor steeds.