Print this page

Nuwe burgemeester van Rio is evangelies

’n Evangeliese Christelike pastoor is verkies as burgemeester van Rio de Janeiro, ’n stad wat bekend is vir sy liberale, linksgesinde kultuur. Marcelo Crivella het die verkiesing gewen met 59% van die stemme. Crivella het 'n lang geskiedenis om sy geloof uit te leef. Hy was 'n sendeling in Afrika, en is tans 'n gospelsanger en 'n biskop in die Universele Kerk van die Koninkryk van God. Rio is so bekend vir sy liberale kultuur en beleid dat een politieke kommentator ongeloof uitgespreek het en gesê het: 'Hoe is dit moontlik dat daar in Rio de Janeiro, 'n stad van vreugde en openheid oor seksualiteit, 'n baie konserwatiewe burgemeester sal wees wat diskrimineer en Afro-Brasiliaanse godsdienste teëstaan?' Ten spyte van Rio se liberale beleid, het Brasilië die grootste bevolking Rooms-Katolieke ter wêreld, 22% identifiseer as evangeliese Christene, en die Rio evangeliese kerke groei vinnig.