Print this page

Moslem- en Christenkinders om saam te bid vir vrede

Kinders in Sirië sal hierdie maand in massa-gebed vergader om die 'doodspiraal' te beëindig wat honderde mense doodmaak in rebellebeheerde distrikte van Aleppo. Christen- en Moslemseuns en -meisies in Aleppo sal saam bid om die dodelike bomaanvalle te beëindig, het aartsbiskop Boutros Marayati, hoof van die Armeense Katolieke kerk in Aleppo, aan Agenzia Fides gesê: 'Baie kan nie Aleppo verlaat nie. Nuwe bloed sal vergiet word as die magte agter die twee strydende partye nie besluit om werklik 'n einde aan hierdie vuil oorlog te maak nie.' Die skoolkinders sal 'n beroep teken en 'n vingerafdruk maak wat wêreldheersers smeek om 'n einde aan die slagtings te maak. 'Maar bowenal sal hulle bid. Hulle sal vir al hul maats bid. En ons vertrou op die feit dat kindergebed kragtiger is as ons s'n, het aartsbiskop Marayati gesê. Sien ook artikel 1 (op die 4-14-venster) in die Wêreld-afdeling.