God is in die detail

Die daaglikse stryd en haakplekke waarin ons vasgevang word, is 'n normale deel van die alledaagse lewe; hulle is deel van die onvolmaakte wêreld waarin ons leef. Mense laat ons in die steek of verstaan ons verkeerd. Die goed wat ons gebruik, werk nie altyd soos ons dit wil hê nie en hou nie vir ewig nie. Tog is hierdie alledaagse probleme nie groot hindernisse wat ons lewenspad heeltemal versper nie; hulle is meer soos struikelblokke waaroor ons kan spring of 'n manier kan vind. Soms het jy 'n dag wanneer dit lyk of alles verkeerd loop, wanneer selfs die klein dingetjies baie erger lyk as wat dit werklik is. Weet God van hierdie 'klein' dingetjies? Gee Hy om? Die Bybel sê dat God iets goeds uit elke situasie kan laat kom vir diegene wat Hom liefhet.