Arabiese Christelike kanaal is nou regstreeks op Facebook

SAT-7 het die eerste Arabiese Christelike kanaal geword wat regstreekse uitsendings op Facebook stroom. Kykers het entoesiasties gereageer op die nuwe diens, wat hulle in staat stel om deel te neem aan regstreekse kerkdienste en ander geleenthede as deel van 'n aanlyn gemeenskap. 'n Kyker uit Egipte het op Facebook geplaas: 'Sjoe, wat 'n wonderlike bediening om die regstreekse stroming op mobiele toestelle te kan kyk. God seën jou. Bid asseblief baie vir my.' Die regstreekse uitsendings het in Julie 96 000 kyke en 28 000 gehoorreaksies gelok. Dankie vir die geleenthede wat deur sosiale media geskep word om Christelike inhoud te deel. Bid dat dit geïsoleerde gelowiges en soekers sal help om met God en mekaar te verbind.