Print this page

Jesus verskyn aan vlugtelinge

Toe die wind en die golwe gedreig het om 'n boot vol vlugtelinge wat uit die Midde-Ooste gevlug het, te verswelg, het Jesus 'n dramatiese verskyning aan hulle gemaak en die waters laat bedaar en hulle lewens gered. 'n Groep vlugtelinge wat uit die gevegte in die Midde-Ooste gevlug het, is in verskeie pontonbote vasgejaag en probeer om die Egeïese See na Griekeland oor te steek. Die see was uiters rof en gevaarlik en van die bote in hierdie klein armada het omgeslaan. Die berig herinner aan 'n storm op die See van Galilea (Mt.4:37). Die vlugtelinge was bang, net soos Jesus se medereisigers was. 'Die mense in een boot het na God geroep. Skielik het 'n 'blink hemelse figuur' in die boot verskyn. Die hele boot het geweet dit was Jesus. Toe gebeur iets wonderbaarliks. Jesus het die storm stilgemaak! Van daardie stadium af het die see kalm en vreedsaam geword, en hulle het uiteindelik veilig op die wal geland.' Hierdie wonderlike weergawe is van Erick Schenkel, uitvoerende direkteur van die Jesus Film Project.