Jesus-film in agt nuwe tale

Die Jesus-film, wat dikwels as 'n evangelisasie-instrument gebruik word en baie na Christus oor die wêreld getrek het, is in agt nuwe tale vertaal, wat beteken dat 6,5 miljoen meer mense met die Evangelie in hul eie taal bereik kan word. Joe Class, woordvoerder van Jesus Film Project, het gesê dat mense van al agt taalgroepe 'n vertoning van die film in hul onderskeie taal gekry het. 'Dit was ongelooflik om na hierdie plek te gaan en gemeenskapslede van agt verskillende taalgroepe bymekaar te hê. Almal van ons het God gedank vir wat Hy gedoen het – aan Hom kom die eer toe. Ons hoop en ons gebed is dat daar transformasie sal wees en dat kerke as gevolg hiervan begin sal word', het Class gesê.