Israel neem tans positiewe stappe om mense God se Skrifte op nasionale vlak te leer. Die program, genaamd '929 bestudeer die Bybel saam', is in Desember 2014 van stapel gestuur en sal eindig op Israel se 70ste verjaardag, 19 April 2018. Die daaglikse Bybellesings van een hoofstuk per dag strek van Sondag tot Donderdag. Daar is 929 hoofstukke in die Hebreeuse Bybel. 93% van Israeli's besit 'n Bybel, maar slegs 'n minderheid het dit ooit gelees. Daar word verwag dat een miljoen Jode sal deelneem - studeer in skole of opvoedkundige instellings, of deur sosiale media, TV, slimfone, radio en internet te gebruik, met 'n verskeidenheid kommentare om bespreking te bevorder. Hebreeuse Geskrifte volg 'n ander volgorde as Engelse Bybels. Op 12 en 13 Junie (Pinkster in die Hebreeuse kalender) sal hulle van die Messias in Jesaja 52 en 53 lees (wat nie normaalweg in die jaarlikse sinagoge-lesings gelees word nie en grootliks verborge bly). Sien ook