Vlug vir terroriste, vind Jesus

Nouh, 'n jong Irakse seun, het gesê: 'Ek was vroeër bang vir Daesh, maar Jesus het my hart gevul met vreugde en vrede.' Hy het tot geloof in Christus gekom nadat sy gesin gedwing is om van IS te vlug. Alhoewel sy familie van Christelike erfenis was, het hulle Jesus nie persoonlik geken nie. Nouh het gesê toe IS beheer oor sy tuisdorp oorgeneem het, was hy 'baie bang dat hulle ons sou doodmaak, want ons het gehoor hulle het baie mense vermoor'. Sy familie het, soos duisende ander Irakse Christene, na Libanon gevlug waar hulle deur 'n plaaslike kerk verwelkom en ondersteun is. 'Ons het kennis gemaak met baie mense wat Jesus Christus liefhet.' Ten spyte van alles wat Nouh en sy gesin gely en verloor het, het hy gesê: 'Ek is baie bly dat ek na Libanon gekom het en van Jesus geleer het. Nou weet ek dat Jesus vir al die besonderhede in my lewe sorg.'