Print this page

VSA: 'geestelike ontwaking' in Wes-Virginia

'n Geestelike ontwaking wat gelei het tot 'n geskatte drieduisend bekerings en blykbaar gereed is om deur die somer te duur, skep voortdurende entoesiasme onder Assemblies of God-kerke in die suide van Wes-Virginië. 'Die afgelope ses weke was ons Sondagoggenddienste meer geestelik. Die beweging van die Gees het twee of drie kerwe opgestyg', het die leier van Victory Christian Centre Church in Lenore gesê. Pinkster-evangelis Matt Hartley het herlewingsbyeenkomste gehou wat besoekers van Texas, Suid-Carolina, Massachusetts, Georgia en Florida gelok het. Na ander byeenkomste in verskillende lokale het die 'Awakening' op 14 Mei na Hoërskool Logan se sokkerstadion verskuif. 'Jong mense wil betrokke wees by Bybelstudie, sommige pastore en jeuggroepe het ure gereis om daar te kom,' het die direkteur van jeug en Christelike onderwys vir die AoG Appalachian Ministry Network gesê. 'Dit het 'n paar redelik verreikende resultate gehad, veral vir jeugbedieninge.'