Print this page

Nepal: verlamde arm genees deur gebed

Tyler Connell was in die Himalaja-heuwels van Nepal besig om Bybels te versprei, vir die siekes te bid en die Goeie Nuus te verkondig. Terwyl hulle op pad was na 'n dorpie wat hulle op 'n vorige reis besoek het, het 'n man volspoed na hulle aangehardloop gekom. Hy het gehoor van hul laaste besoek en die krag van die God wat hulle aanbid. Hy het op die spoor voor hulle voete geval en vir hulle sy verlamde linkerarm gewys en gesmeek om genees te word. Tyler se klein groepie het die man omsingel en in Jesus se naam vir genesing gebid. Binne vyf minute het die man beweeglikheid begin ontvang, beweging is herstel, en alle pyn het opgehou! Hy het sy lewe ter plaatse aan Jesus gegee en sy towery-amulet van sy nek afgeruk. Oorweldig van dankbaarheid begin hy dans en skree van vreugde terwyl hy sy 'nuwe' mobiele arm in sirkels rondswaai. Tyler gee al die eer aan God. 'Ha! Jesus wen! Hy is soveel beter as afgodery!'