Hierdie week het 'n Christen-werker teruggekeer van 'n land waar daar ontelbare Siriese vlugtelinge in kampe is. Hy en sy span het met die mense daar gepraat en vir hulle gebid. Hy kon die geestelike openheid en honger nie glo nie! Hy het geskat dat die helfte van diegene met wie hulle gepraat het, drome van Isa (Jesus) gehad het. Hulle kon die liefde van God met hierdie seergemaakte mense deel. Hulle het ook gesien hoe God wonderwerke van genesing verrig terwyl hierdie span die mense bedien het. Wat 'n geleentheid! Bid dat God meer en meer harte en lewens sal oopmaak! Baie van hierdie vlugtelinge het nog nooit die evangelie gehoor nie en nou is hulle op meer oop plekke, wat 'n ongelooflike geleentheid bied om die goeie nuus met hulle te deel!