Ons is bly dat pastoor Saeed Abedini, 'n Iranse gelowige uit 'n Moslem-agtergrond, uit die tronk vrygelaat is. Hy het Amerikaanse burgerskap en was sedert September 2012 in die tronk, daarvan beskuldig dat hy nasionale veiligheid ondermyn het, weens sy betrokkenheid by huisgenootskappe. Tydens sy gevangenisskap het hy ernstige gesondheidsprobleme gehad, fisiese en verbale mishandeling gely en doodsdreigemente ontvang weens sy geloof in Christus. Saeed is vrygelaat as deel van 'n gevangene-uitruiling tussen die VSA en Iran wat ook die vrylating van drie ander Irannese-Amerikaners bewerkstellig het: Jason Rezaian, Amir Hekmati en Nosratollah Khosravi. Saeed se vrou, Naghmeh, het haar vreugde en verbasing oor die nuus van sy vrylating uitgespreek en almal oor die wêreld bedank wat vir Saeed en sy gesin ingetree het (1,1 miljoen mense het by die 'Save Saeed'-veldtog aangesluit). Iranse Christene versoek ons voortdurende gebed dat Saeed en sy gesin God se krag in die nodige aanpassings sal ken, en dat ander Christene wat in Iranse tronke aangehou word, bemoedig en binnekort vrygelaat sal word.