Print this page

Kersfees tradisies in verskillende kulture

Kersfees in Oostenryk begin omstreeks 16:00 op Oukersaand, wanneer die boom vir die eerste keer aangesteek word. Finse mense eet tradisioneel ryspap en pruimsap vir ontbyt op Oukersaand, en teen die middag word die 'vrede van Kersfees' op radio en TV uitgesaai. Oukersaand in Litaue is wanneer gesinne 'Kucios' vier, die groot ete wat gesinne saam eet om die laaste dag van Advent te vier. In Bulgarye word Kersfees op 25 Desember gevier, maar baie in Oos-Europa vier Kersfees op 7 Januarie aangesien hulle die ou Juliaanse kalender gebruik. ’n Bulgaarse legende sê dat Maria haar kraam op 20 Desember (Sint Ignatius van Antiochië se dag) begin het en op Oukersaand geboorte gegee het, maar Jesus se geboorte is eers op Kersdag aangekondig. Wanneer ons ook al fees vier, hoe ons ook al feesvier, vier ons almal JESUS DIE SEUN VAN GOD - GEBORE UIT 'N MAAGD - ONDER ONS GELEEF - NOU IN DIE HEMEL GEHEER - HALLELUJA!