Bharat het 'n goeie regeringswerk in Indië beklee en 'n gemaklike lewe gelei. Toe sprei lelike wit kolle oor sy lyf. Al sy spaargeld het op onsuksesvolle behandelings gegaan. Hy het sy werk verloor en bitter geword. Die toekoms het donker gelyk, hy het hoop verloor en met almal gestry en baklei. Toe gee iemand vir hom ’n Trans World Radio-programgids en stel voor hy luister na The Word Today-program in sy taal. Die man het ook saam met hom gebid. Deur die program het Bharat nader aan Jesus Christus beweeg en daagliks nagedink oor wat hy gehoor het. Sy lewe het verander, hy het hoop gehad, hy het hom van alkohol weerhou en opgehou om met ander te stry. Hy het gesê: 'Vrede het in my lewe en die lewens van my familielede deurgedring. Wanneer daar oor die radio gebid is, het ons gesin saam gebid. Nou glo my hele familie in die Here Jesus Christus en het Hom as ons Verlosser aangeneem.' God het ook 90% van die kolle op sy liggaam verwyder.