Print this page

Jemen: Eerste VN-hulpskip in vier maande in Aden

Verlede week het Gebedswaarskuwing-lesers gebid vir 'n einde aan die situasie waar Jemen geblokkeer word deur 'n Saoedi-geleide militêre koalisie wat verhoed het dat 21 miljoen Jemeniete dringende humanitêre hulp in 'n verslegtende oorlogsituasie ontvang. Hierdie week het plaaslike vegters en weermageenhede beheer oorgeneem van die laaste distrik van Aden wat nog deur die Iran-geallieerde Houthi-milisie en sy bondgenote gehou word. Bygestaan deur Saoedi-geleide lugaanvalle, het die plaaslike magte nou maande se dooiepunt in Aden verbreek deur die lughawe in beslag te neem en op te vorder na dele van die hawestad wat deur Houthi's en magte lojaal aan die oudpresident gehou word. Op 21 Julie het die eerste VN-hulpskip in vier maande in Jemen se verwoeste stad Aden vasgemeer, wat broodnodige noodlenigingsvoorrade gebring het. Sien ook: http://www.reuters.com/article/2015/07/20/us-yemen-security-idUSKCN0PU0M220150720