Teen die ouderdom van 14 was Rosario 'Chayo' Perez besig om bakkies van Tucson af te steel en hulle oor die grens te bring, waar mafiosos hom $1 000 elk betaal het. Toe Chayo 16 was, is sy beste vriend op Kersdag by sy huis vermoor. 'Die lewe was so 'n waas,' onthou hy. Hy het 'n punt bereik waar hy soos 'n dier gelewe het - net partytjie gehou, gedrink, dwelms gebruik en baklei. Toe word sy ouer broer gered by 'n kerk wat in die straat gepreek het en het vir hom begin getuig, maar hy het gevra om met rus gelaat te word. Toe sê sy broer eendag: 'Goed, ek los jou uit, maar laat my eers vir jou bid. As niks gebeur nie, sal ek jou met rus laat.' Chao het gesê: 'Ek het my bier neergesit. Hy het vir my gebid, en die Heilige Gees het neergedaal. Ek het begin huil. My vriende het geskrik omdat ek gehuil het. Dit was iets bonatuurliks. Selfs tot vandag toe kan ek dit nie verduidelik nie.'