Print this page

Christenwerker wen tribunaalsaak

Lofverslae - - 11 Jun 2015 - Print - Email

Sarah Mbuyi (31) is ná ’n gesprek met ’n homoseksuele kollega uit haar werk as kleuterverpleegster ontslaan. Sy het die Bybelse standpunt oor homoseksualiteit en die huwelik verduidelik toe haar kollega gevra het of sy by die kerk verwelkom sal word en of God haar burgerlike vennootskap goedkeur. Sarah het gesê dat 'God nie reg is met wat jy doen nie' maar dat 'almal 'n sondaar is en God bied vergifnis'. Juffrou Mbuyi het onthou: 'Toe ek sê 'Nee, God keur nie die praktyk van homoseksualiteit goed nie, maar is lief vir jou en sê jy moet na Hom toe kom soos jy is', het sy emosioneel geraak en my by my bestuurder gaan rapporteer. Ná die klagte deur haar kollega, is Sarah binne drie dae ná die gesprek ondersoek en vir growwe wangedrag afgedank. Sy is ondersteun deur die Christian Legal Centre, en verteenwoordig deur 'n menseregte-advokaat. In 'n dapper oordeel het die Watford Employment Tribunal bevind daar is direk teen haar gediskrimineer weens haar oortuigings.