Print this page

Ateïstiese genetikus het hom tot geloof gewend nadat hy probeer het om God te weerlê

Lofverslae - - 06 Mei 2015 - Print - Email

Die huidige hoof van die National Institutes of Health, Francis S Collins, het aan 'n CNN-nuusverslaggewer gesê dat hy tot geloof gekom het nadat hy daarop uit was om God te weerlê. 'Ek het altyd aangeneem dat geloof op suiwer emosionele en irrasionele argumente gebaseer is en was verstom om te ontdek dat 'n mens 'n baie sterk argument vir die aanneemlikheid van God kan bou. My vroeëre ateïs se bewering dat "ek weet daar is geen God nie" het na vore gekom as die minste verdedigbare.' Collins se werk het hom 'n skouspelagtige uitsig gegee oor die grootsheid, orde en fyn ingestelde perfeksie van die DNS-molekule, God se sagteware vir elke lewende wese. Hy het ook aan die National Geographic berig: 'Op die mees fundamentele vlak is dit 'n wonderwerk dat daar hoegenaamd 'n heelal is.'