Israeliese professionele mense vind Jesus

Lofverslae - - 09 Apr 2015 - Print - Email

Vir 2 000 jaar sou dit skokkend gewees het om te beweer dat Jode in Jesus kan glo! Dit is vandag nie meer so ongewoon om Joodse mense te vind wat in Yeshua (Jesus) glo as die beloofde Messias van Israel nie, en dit binne 'n Joodse konteks. Tog word hierdie mense dikwels deur die hoofstroom Judaïsme geminag as verward of ontnugter. Die Israeliese Messiaanse aanlyn bediening 'One For Israel' het daarop gemik om te demonstreer dat Joodse mense van die hoogste aansien, en beslis in hul volle verstand, inderdaad tot 'n besef kom dat Yeshua Messias is. One For Israel het op hul Facebook-bladsy gesê: 'Ons is trots om ons nuwe projek I MET MESSIAS aan te kondig. Dinamiese video-getuienis van Joodse professionele mense wat hul Messias ontmoet het!' Oor 'n tydperk van tien weke het die span, in vennootskap met Chosen People Ministries, onderhoude gevoer met 35 Joodse professionele persone wat vandag in Yeshua glo. Hul video-getuienis is aanlyn by::- imetmessiah.com.