'Net 'n paar oomblikke gelede het ek die veld verlaat na die laaste vergadering van die Evangelieveldtog hier in Douala, Kameroen. 370 000 mense het die vier dae van byeenkomste bygewoon, en baie duisende het op die Evangelie gereageer. Nadat ek die Evangelie verkondig en vir die siekes gebid het, het ons wonderlike getuienisse gehoor. Byvoorbeeld, 'n vrou wat aan 'n bloedvloeiing ly, is genees. Die knop in 'n vrou se bors het verdwyn, en alle pyn is weg. ’n Vrou met veelvuldige pynlike fibroïede is genees en vele meer. Nadat ek getuienis geneem het, het ek seën na seën uitgespreek oor die nasie, die stad, die ekonomie, die kerke en die mense wat vergader het. Hulle het dit met blydskap en groot geloof ontvang. Ons vertrek nou met die vertroue dat iets histories hierdie week plaasgevind het. Douala sal nooit weer dieselfde wees in Jesus naam nie!' Evangelis Daniel Kolenda, saam met Reinhard Bonnke, Peter van den Berg en die hele Christus vir alle Nasies span.